Waarom noem ons dit ‘n rugsak as dit nie ‘n regte rugsak is nie?
Ons noem dit ‘n rugsak, want jou kind sal die kennis wat hiermee opgedoen word saam met hulle dra en dit op elke aspek van hul lewe kan toepas.
Sedert die begin van tyd is stories gebruik om waardevolle kennis tussen generasies te deel.
In ons maandelikse Digi-Rugsak gebruik ons stories om kinders van hul emosies te leer en gepaste maniere te ontdek om verskillende emosies te hanteer.
Ons gebruik stories om jou kind aan die Brain Tribe, hul ervarings en waardevolle insigte, bekend te stel. Jou kind gaan dit so baie geniet dat hul nie eens besef hulle is besig om noodsaaklike lewensvaardighede aan te leer nie!
Buddy se volle naam is BrainBuddy. Hy bly in daardie deel van ons brein wat dink voor ons doen.
Hoewel jou kind hom nog nie ken nie, sal dit gou duidelik word dat Buddy jou kind se beste maat is.
Soos jou kind meer vertroud raak met hom, sal Buddy jou kind help om intelligente besluite te neem. Maar dit is nie al nie. Buddy sal hul help om in enige situasie hul woorde, aksies en gedrag te kies.
Wagter bly in daardie deel van ons brein waar ons emosies voel.
Ons noem hom Wagter, want hy is soos ‘n waghond. Hy beskerm ons. Wanneer jou kind in gevaar is, is Wagter die een wat hul veiligheid deur sy vinnige optrede verseker.
Soms probeer Wagter ons beskerm al is daar geen werklike gevaar nie. Dan is dit moeilik om tussen gevaar en blote rede tot kommer te onderskei. Jou kind se veiligheid kan daarvan af hang om die verskil te herken.
Ons lewens sou heel deurmekaar gewees het as dit nie vir Piet was nie. Piet is die een wat seker maak dat ons alles onthou.
Sy werk is om die regte inligting, wat in die groot stoorkamer van ons brein gestoor word, op die regte tyd te gaan haal. Hy verseker dat ons, nuwe kennis wat ons opdoen, later kan onthou en herinner ons aan vorige ervarings.
Ongelukkig raak Piet soms te opgewonde en dan gaan haal hy ‘n klomp onnodige inligting. Dan word jou kind oorweldig onder die druk om alles te verwerk. Hoër emosionele intelligensie verseker dat dit nie gebeur nie.
Dan is daar Bob. Hy is ‘n ware aanwins vanweë sy ongelooflike verbeelding, veral wanneer hy met Buddy saamwerk. Bob is die een wat met innoverende oplossings vir probleme vorendag kom.
Bob sit ongelukkig ook baie van die tyd en bekommer hom oor alles wat moontlik kan verkeerd loop. Hy doen dit selfs wanneer hy niks daaraan kan doen nie.
Wanneer jou kind leer om vir Bob te verstaan, gaan hulle daarna uitsien om take aan te pak en moeilike probleme op te los. Jou kind gaan ook leer om hulself nie met onnodige bekommernisse op te saal nie.
Ou Koei werk gereeld saam met Buddy. Dan herinner sy ons aan die goeie lesse wat ons uit vorige ervarings geleer het.
Piet sleep soms vir Ou Koei teen haar sin na ‘n plek toe waar sy nie regtig wil wees nie. Dan gaan lê Ou Koei daar op haar rug terwyl sy oor die ervarings wat sy daar vind tob, oënskynlik verdwaas, verlore in haar gedagtes.
Dan raak dinge so erg dat Wagter senuweeagtig raak en aanhoudend begin blaf. Al daardie aanhoudende geblaf veroorsaak dat jou kind met konsentrasie sukkel. Dit is soos om te probeer studeer in ‘n biblioteek wat gevul is met geluide van mense wat hard praat.
Mense met lae emosionele intelligensie leer nie uit hulle foute en ervarings nie. Ons gaan jou kind leer om die goeie uit elke ervaring te identifiseer en te gebruik.
Elke Digi-Rugsak bevat opvoedkundige stories, speletjies en ander interessante projekte. Jou kind gaan dit geniet om al die verskillende aktiwiteite te verken!
Die speletjies sal jou gesin ‘n geleentheid gee om meer tyd saam te spandeer en goeie herinneringe te skep.
Die kennis opgedoen deur BrainTribe stel jou kind instaat om –
Gee jou kind ‘n voorsprong in die lewe deur vandag by ons aan te sluit.
Ons bewese metodes sal verseker dat hulle gereed is om enigiets aan te pak wat oor hul pad kom.
Moenie wag nie – kontak ons vandag!