Brain Tribe

Emosionele Intelligensie

Die vermoë om emosies te identifiseer en te beheer.

Wat is Emosionele intelligensie?

Emosionele intelligensie is die vermoë om jou eie emosies te identifiseer, te verstaan en te beheer. Dit sluit die vermoë in om die gevoelens van ander te herken en effektief daarop te reageer.

Waar kom die term Emosionele Intelligensie vandaan?

Die term ‘Emosionele Intelligensie‘ (EQ) is die eerste keer na verwys deur twee sielkundiges, Peter Salavoy en John Mayer, in 1990.

Die sielkundige Daniel Goleman het dit later gewild gemaak in sy 1995-boek Emotional Intelligence.

Inspirerende aanhalings

Waarom is emosionele intelligensie belangrik?

Dit is ‘n wetenskaplike feit dat emosies denke voorafgaan.

Wanneer emosies hoog raak, verander dit ons brein se funksie en verminder ons kognitiewe vermoëns, besluitnemingsvermoëns en interpersoonlike vaardighede.

‘n Persoon met hoë emosionele intelligensie is geduldig en tree nie impulsief of roekeloos op nie. Hulle dink voor hulle dit doen.

Deur ons emosies te verstaan en beter te beheer is ons instaat om meer sukses in ons persoonlike en professionele lewens te behaal.

Kan ek my emosionele intelligensie verhoog?

Ja, baie beslis! 

Anders as ons IK, is ‘n hoë vlak van emosionele intelligensie (EI) of ‘n hoë emosionele kwosiënt (EQ) nie iets waarmee ons gebore word nie.

Met die regte leiding kan jy jou emosionele intelligensie op enige ouderdom ontwikkel en verhoog.

Emosionele intelligensie sluit verskeie vaardighede in

  1. Emosionele bewustheid – die vermoë om jou eie emosies te identifiseer.
  2. Die vermoë om emosies te beheer en om ander te help om dieselfde te doen.
  3. Die vermoë om die oorweldigende gevoel van ‘n emosie te verminder.
  4. Die vermoë om emosies in te span en toe te pas op denk- en probleemoplossingstake.

By die werk help dit ons om

  1. Konflikte tussen onsself en ander op te los.
  2. Ander te motiveer.
  3. Samewerking aan te moedig.
  4. ‘n Omgewing te skep waar almal vry voel om hul insette te lewer.

Op persoonlike vlak help dit ons om

  1. Verhoudings met die mense vir wie ons omgee te verbeter.
  2. Moeilike gesprekke te voer sonder om gevoelens seer te maak.
  3. Ons emosies te hanteer wanneer ons stres of oorweldig voel.

Wat is die voordele van emosionele intelligensie?

  • Emosioneel intelligente mense het baie selfvertroue en is hulle realisties oor hulself.
  • Hulle het empatie met ander en kan die wêreld deur hul oë sien.
  • Hulle kan hul emosies verander om te pas by die bui van die persoon met wie hulle praat.
  • Hulle kan die uitdagings van die lewe met groter gemak en grasie oorkom.

Wat kan mense met hoë emosionele intelligensie doen?

2. Hulle kan emosies gebruik

Die gebruik van emosies om te help met verskeie kognitiewe aktiwiteite, soos denke en probleemoplossing, is ‘n belangrike vaardigheid. Emosioneel intelligente mense kan munt slaan uit hul veranderende buie om die beste by die taak op hande te pas.

1. Hulle kan emosies waarneem

Waarneming van emosies verteenwoordig ‘n fundamentele aspek van emosionele intelligensie.

Die vermoë om emosies in gesigte, prente en stemme te identifiseer maak verwerking van al die emosionele inligting moontlik.

3. Hulle kan emosies verstaan

Die vermoë om emosionele taal te begryp en om die ingewikkelde verhoudings tussen emosies te waardeer, is deurslaggewend vir sukses in die lewe.

Sonder hierdie vermoë is ons nie in staat wees om menslike interaksie se nuanses te verstaan nie en sal in persoonlike en professionele situasies benadeel word.

4. Hulle kan emosies beheer

Die vermoë om kalm en in beheer te bly tydens emosioneel gelaaide situasies – in onsself en ander.

‘n Emosioneel intelligente persoon kan hul emosies, selfs die negatiewes, inspan en dit beheer op ‘n manier wat lei tot die bereiking van hul doelwitte.

Kweek Emosionele Intelligensie met BrainTribe! Registreer VANDAG!